WHAT MAKES US SPECIAL

PLATINUM CLIENTS

DEAL THROUGH OUR OFFICE and we already SHARE PROFITS on existing transactions.....to our WELFARE ORGANISATION offering.

We have a very exclusive group of clients that we have a SPECIAL SERVICE LEVEL OFFERING for:

This Special Offer is Valid for a CALENDER YEAR, and thus renewable and NOTIFIED every year.

1. Those clients we undertake to a REPLY TURNAROUND Time of MAXIMUM 24 hrs on any SERVICE request.

2. We provide you with a FREE License Disc Holder for each Motor Vehicle that is insured with us. This Holder contains the TOLL FREE NUMBER of SWIFTCARE Services, which would allow you to the following services:

·   *A 24-HR TOLL FREE CALL CENTRE with any TRAUMA related SUPPORT.

·      Emergency tow away, hospital, emotional support and even emergency accommodation in the event of an unforeseen accident in an unfamiliar setting.

3. On a Visit to our offices, we will provide you (on request) with a FREE CAR WASH from the Pick 'n Pay Car Wash (Knysna).

4. We also offer the usage of a local SPA, just outside Knysna...the  luxury of vouchers for special treatment (La Paradiso, at Harkerville, between Knysna and Plettenberg Bay)

5. *Marketing Campaigns and Special Underwriting Offers.

*Terms and Conditions do apply according to your Mutual and Federal Contract

                                  Simply call:

                     0800 247 365








Petrie Swanevelder
petries@oldmutualpfa.com

044 3021715
083 6533177


 



             Insleepassesseringsentrums – Gauteng
 
 

Die insleep van beskadigde voertuie is al vir jare lank ’n omslagtige en duur proses vir die versekeringsbedryf. Om diensvlakke te probeer verbeter, ondoeltreffendhede uit te skakel en insleep- en verwante koste te besnoei, sal Santam Eisedienste van 1 Maart 2012 ’n nuwe projek aanpak. Die nuwe proses beteken minder werk vir jou en ’n heelwat aangenamer ervaring vir kliënte, terwyl ditterselfdertyd tyd sal spaar, koste sal verminder en die omkeertye van magtigings deur ons assessors sal verhaas.

Van 1 Maart 2012 sal Santam ’n nuwe proses instel om die hantering van ingesleepte voertuie in Gauteng te bestuur. Verskeie stappe is gedoen om te verseker dat die proses glad sal verloop. Die twee belangrikste stappe is:

1) In die laaste kwartaal van 2011 het Santam ’n Versoek vir Voorstelle aan die insleepbedryf gerig en gevolglik met meer as 50 insleepdienste in Gauteng kontrakte aangegaan. Ons ontleding van insleepdata het getoon dat ses van hierdie maatskappye verantwoordelik was vir die insleep van meer as 80% van Santam se versekerde voertuie in Gauteng. Ons is dus vol vertroue dat ons ’n groot genoeg paneel van insleepdienste saamgestel het om die meerderheid insleepvoorvalle in Gauteng te hanteer. Enige insleepdiens-operateur wat nie aan die Versoek vir Voorstelle-proses deelgeneem het nie, is steeds welkom om Santam te nader aangesien ons wil seker maak dat die hele Gauteng gedek is.

2) Tydens die Versoek vir Voorstelle-proses het Santam ook 13 persele bekom wat strategies reg oor Gauteng geleë is om as Santam Insleepassesseringsentrums te dien. Santam-assessors sal by hierdie geriewe werksaam wees, voertuie by aankoms nagaan en herstel onmiddellik by Santam se goedgekeurde motorbakwerkherstellers magtig.

Die proses werk soos volg. ’n Kliënt van Santam was betrokke in ’n motorvoertuigongeluk (MVO) en die motor kan nie meer ry nie (Die proses neem aan dat die kliënt in ’n toestand is om aan die proses deel te neem).

Stap 1 – Maak seker dat Santam die voertuig verseker

Die eerste stap sal wees om te bevestig dat Santam wel die voertuig verseker. Dit kan óf bevestig word op die toneel deur die kliënt, óf deur die kliënt wat sy makelaar kontak. Die tweede opsie is dat die kliënt vanaf die toneel SantamSOS se 24/7 eise-inbelsentrum by 0860 505 911 skakel.

SantamSOS kan die kliënt en voertuig deur middel van ’n van, polisnommer, ID, voertuigregistrasienommer, VIN of enjin nommer identifiseer. SantamSOS sal bevestig dat Santam die voertuig verseker en ’n eisnommer as verwysing uitreik. As SantamSOS nie kan bevestig dat Santam wel die voertuig verseker nie, sal ’n insidentnommer uitgereik en die kliënt in elk geval bygestaan word. Die oproep tussen die kliënt en Santam word vir gehaltedoeleindes opgeneem en die kliënt sal in kennis gestel word dat hy/sy aanspreeklik sal wees vir enige koste wat aangegaan is as dit aan die lig kom dat die kliënt nie ’n Santam-kliënt is nie.

Santam Eise en Bemarking werk aan ’n paar voorstelle om ons te help om kliëntevoertuie maklik op ongelukstonele te identifiseer. Dit sal identifiseringsitems met Santam en die makelaar se handelmerk daarop insluit.

 

Stap 2 – Reël dat die beskadigde voertuig ingesleep word

Ons het met die insleepmaatskappye ooreengekom dat die Santam-gekontrakteerde insleepdiens wat eerste op die toneel opdaag, opdrag sal ontvang om die versekerde voertuig in te sleep. As daar nog nie ’n insleepdiens op die toneel is nie, moet die kliënt of makelaar SantamSOS kontak wat dan ’n Santam-gekontrakteerde insleepoperateur na die toneel sal stuur. SantamSOS sal die insleepdiens op die toneel as ’n gekontrakteerde operateur verifieer en aan die operateur ’n eisnommer of insidentnommer as verwysingsnommer gee om die voertuig in te sleep.


Stap 3
– Gee opdrag aan insleepdiens om voertuig na Santam se Insleepassesseringsentrum in te bring SantamSOS sal dan die insleepdiens opdrag gee om die voertuig na ’n Santam Insleep-assesseringsentrum te bring. Die kliënt en sy/haar makelaar sal in kennis gestel word na watter Santam Insleep-assesseringsentrum die voertuig gebring sal word vir veilige bewaring en assessering.

 

Stap 4 – Voertuigassessering by Santam Insleep-assesseringsentrum

Sodra ’n voertuig by ’n Insleep-assesseringsentrum opdaag, sal ’n Santam-assessor die skade bepaal en herstelwerk by ’n Santamgoedgekeurde motorbakwerkhersteller magtig. Die assessor sal in kontak met die kliënt/makelaar wees om die herstelwerk te reël en te bevestig. Sodra dit met die kliënt/makelaar bevestig is, sal die assessor ’n goedgekeurde insleepdiens opdrag gee om die voertuig na die gekose hersteller te vervoer.


                  Voordele van die nuwe proses


1) In die verlede is voertuie van die toneel van die ongeluk verwyder en in baie gevalle het dit dae geduur om te bepaal waar die voertuig is. Nou sal voertuie onmiddellik van die toneel na ’n Santam Insleepassesseringsentrum gebring word vir veilige bewaring en assessering.

2) Geen bergingskoste is meer van toepassing nie.

3) Geen vrystellingskoste is meer van toepassing nie.

4) Alle insleeptariewe en -fooie is gekontrakteer en vasgemaak.

5) In die verlede moes assessors hul rondtes doen om die voertuie se skade te bepaal. Nou word voertuie na ’n assessor gebring vir onmiddellike skadebepaling en magtiging.

6) Voertuie wat afgeskryf moet word, kan vroeër in die proses geïdentifiseer en die skikkingsproses kan dadelik aan die gang gesit word.

7) Die huidige omkeertye vir assessering en magtiging van ingesleepte voertuie is sowat drie dae in Gauteng. Magtigings sal nou binne agt sake-ure gegee word vandat die voertuig by die Insleepassesseringsentrum opdaag.

8) Assesseringskapasiteit is nou groter om vordering by herstellers dop te hou.


Hierdie insleepassesseringsentrums is op die volgende plekke geleë:

•      Wesrand (Banfieldweg 91, Industria-Noord, Roodepoort)

•      Johannesburg Suid (Amsterdamlaan 5, Park Central, Selby)

•      Alberton (Radioweg 54, Alberton-Noord)

•      Edenvale (Eenheid 3,Meadowdale Industrial Park, Dick Kemps straat,Edenvale)

•      Kemptonpark (Planeweg 124, Spartan, Kemptonpark)

•      Sandton (Old Pretoria Mainweg 19, Wynberg)

•      Centurion (Krugerlaan 1027, Lyttleton)

•      Pretoria-Wes (Eenheid 2, Lloydstraat 140, Pretoria-Wes)

•      Pretoria-Oos (Batterysingel 9, Watloo)

•      Pretoria-Noord (Breedtstraat 535, Montanapark)

•      Randfontein (Proteastraat 6, Aureus, Randfontein)

•      Vanderbijlpark (Edison Boulevard 32, CE6, Vanderbijlpark)

•      Vereeniging (General Smutsweg 60, Duncanville, Vereeniging)


Ons glo dat hierdie inisiatief ’n reuse-uitwerking op eisekoste en dienservaring sal hê tot voordeel van kliënte en makelaars.

Kontak gerus jou plaaslike verhoudingsbestuurder of eisehanteerder met enige vrae.

Vriendelike groete

Bestuurspan: Eisedienste

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

16.11 | 10:47

Very inspirational & motivating.

...
12.04 | 19:56

Ek Callie swanevelder Dane is baie lief vir jou.

...
11.02 | 10:54

This Wealth inflation rate has escalated to 12 to 14 % over the past 3 years in SA.Take note, inflation is a very personal and customised issue...

...
02.02 | 15:04

Hey Petrie

Dankie vir al jou hulp maat.

Paul

...
You liked this page
Hi!
Make your own website like I did.
It's easy, and absolutely free.
AD